Kry nou ’n kwotasie
Want to
skip the call?
Get a quick, personalised quote online in just a few clicks.
Easy, fast, and royally rewarding service.
Vul jou besonderhede hieronder in en ons Affie-span sal vir jou ’n verpligting-vrye kwotasie gee, in Afrikaans.
Affie 100 Fonds promosie
Hoe dit werk
Besoek die landingsblad, los jou besonderhede, en ons sal jou bel vir ’n verpligting-vrye kwotasie.
Jy kan ook ‘n e-pos stuur na affies@kingprice.co.za en ‘n kwotasie aanvra.
Jy’s nie verplig om die kwotasie te aanvaar nie.
Sodra jy jou nuwe versekeringspolis aanvaar het en jou eerste volle maand se premie betaal het, sal ons 'n verwysingsfooi binne 30 dae aan die Affie 100 Fonds betaal.
Die verwysingsfooi is gelykstaande aan twee keer jou eerste maand se volle premie.
Wie kan van die promosie gebruik maak
Enige huidige Affie-ouer of oud-Affie wat deel vorm van die Affie-gemeenskap.
Jy moet ouers as 18 jaar wees, ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner met ‘n geldige ID.
Die promosie is slegs beskikbaar vir direkte King Price kliënte wat sonder ‘n makelaar of tussenganger met ons werk.
Die moeilike goed
Die Affie 100 Fonds sal slegs die verwysingsfooi ontvang sodra ons jou eerste volle maand se premie ontvang het.
Deur jou besonderhede aan ons te verskaf, stem jy in om ’n verpligting-vrye kwotasie van ons te ontvang, en jy stem ook in om kommunikasie van ons via WhatsApp, e-pos en telefoon te ontvang.
B’S & V’S
Gelisensieerde versekeraar I Gemagtidge FDV 43862 I B’s & V’s geld I Alle kwotasies is verpligting vry